Loerie Nartjie Festival

Loerie Nartjie Festival

26th September 2015 to 27th September 2015

The Annual Loerie Nartjie Festival offer visitors a day of fun for the whole family. Local South African artists that will be performing are Bok van Blerk , Andriëtte Norman, Snotkop, Die Campbells, Barneace Slabbert and Sunelle van der Linde. Watch this space for updates.

 


’n Dorp wat na nartjies ruik en feesvure wat hoog brand! Dis wat by die jaarlikse Agrimark Nartjiefees beloof word.

Besoekers aan vanjaar se Nartjiefees wat op 26 September by die NG kerk Loerie plaasvind, kan met groot opgewondenheid uitsien na talle stalletjies en optredes deur van die land se top-kunstenaars. Kunstenaars wat tydens die gewilde gesinsfees optree, sluit in Bok van Blerk, Snotkop, Andriëtte Norman en die Campbells. Dillon Lerm sal as seremoniemeester optree.

Heerlike etes, tuisgebak, vrugte en groente uit die Gamtoosvallei sal sorg dat feesgangers se mae gevul bly.

’n Hoogtepunt van die dag is die groot nartjie-eetkompetisie wat elke jaar vir baie pret sorg as die moedige deelnemers kyk hoeveel nartjies hulle in ’n minuut kan baasraak.

Dis gewis ’n taai affêre, daarom is dit geen maklike taak om die kroon vir die fees se nartjiekoning (of -koningin) te wen nie.

Mej. Nartjiefees en Mnr. Nartjiepit sal op die dag gekies word.

Vir meer inligting of om ’n stalletjie te bespreek, skakel Amanda by 042 287 0634 of stuur ’n epos na ngkerkloerie@lantic.net

nartjiefees.jpg

Photos

nartjiefees.jpg
nartjiefeesprogram.jpg
bokvanblerk.jpg
Website Design, Search Engine Optimisation (SEO) by ZAWebs Designs | Web Hosting by ZAWebs Hosting